Salarisonderhandelinge by FlySafair op dooiepunt – vlieëniers gereed om te staak

Lees ook :

Salarisonderhandelinge by FlySafair bereik dooiepunt - vlieëniers gereed om te staak fotokrediet: Canva

Onderhandelinge tussen Solidariteit en FlySafair oor verbeterde diensvoorwaardes vir die maatskappy se vlieëniers het ná drie maande op ’n dooiepunt uitgeloop. Die finale aanbod van FlySafair – ’n salarisverhoging van 5,7% tesame met enkele addisionele aanpassings aan vergoeding – is deur die oorgrote meerderheid Solidariteit-lede verwerp.

Lees ook: SAL-vlieëniers steeds ongelukkig oor salarisse

Volgens Helgard Cronje, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, is die verwerping nie slegs oor die inhoud van die aanbod te wyte nie, maar veral aan die uiters gespanne verhouding tussen die vlieëniers en FlySafair se bestuur. “Die verhouding is op ’n absolute laagtepunt,” aldus Cronje.

Reeds vóór die aanvang van die salarisonderhandelinge het ’n geskil oor ’n nuwe skofroosterstelsel ontstaan – ’n kernkwessie vir vlieëniers, aangesien dit ’n negatiewe impak op hul gesinslewe het. Hierdie roostergeskil is wel ’n afsonderlike saak wat, volgens Solidariteit, ná afloop van die staking oor die salarisverhoging ’n volgende moontlike staking kan ontketen. 

’n Verdere struikelblok in die salarisonderhandelinge was die maatskappy se nuwe beleid oor verlof- en afdae. Vlieëniers is van mening dat dié beleide hul lewensgehalte benadeel en dat dit ongunstig is en nie aan die minimum verwagtinge voldoen nie.

Solidariteit en Safair sal Donderdag 17 Julie onder leiding van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) die stakingreëls finaliseer. Die eerste staking rakende die salarisgeskil kan dan enkele dae later ’n aanvang neem.
Intussen is Safair ook vasgevang in afsonderlike salarisonderhandelinge vir die kajuitpersoneel wat volgens alle aanduidings ook op ’n geskil afstuur.  

“Hierdie onderhandelinge kan as ’n mislukking in arbeidsverhoudinge beskou word,” sê Cronje. “Die gebrekkige verhouding tussen bestuur en vlieëniers het nou daartoe gelei dat die publiek die gevolge van onopgeloste werkplekkonflik sal dra.”

*PERSVERKLARING

Lees ook: SAL-vlieëniers steeds ongelukkig oor salarisse

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief