First National Bank (FNB) het ’n vennootskap met die Suid-Afrikaanse toepassisng VezoPay aangegaan, die maatskappy agter die land se eerste slimbetaalring.
Volgens FNB-sakemodelle sal kliënte van FNB Private Bank en RMB Private Bank die VezoPay-ring kan gebruik as ’n alternatiewe raak-en-betaal betaalmetode wanneer dit ongerieflik is om ’n fisiese kaart of slimfoon te gebruik. Die ring maak gebruik van NFC-tegnologie en kan aan FNB se virtuele kaarte gekoppel word.
Hierdie stap kom te midde van ’n toename in kontaklose betalings, met FNB wat rapporteer dat besteding deur digitale beursies in Augustus 2025 die R200 miljard-merk oorgesteek het.
Bronne: TechCentral, Stuff South Africa en recharged.co.za





