Brekende Nuus
Afrikaans

Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’

Franse gevangene wat in selmaat se sak ontsnap steeds soek

fotokrediet: Canva
Franse gevangene wat in selmaat se sak ontsnap steeds soek fotokrediet: Canva

FRANKRYK. – ’n Franse gevangene (20) wat in die wasgoedsak van sy vrygelate selmaat weggekruip het, is sedert Vrydag, toe die selmaat regmatig vrygelaat is, soek.

Lees ook: Israel erken ‘tegniese fout’ het tot kinders se dood gelei

Die owerhede by die Lyon-Corbas-gevangenis het eers die volgende oggend besef die gevangene het ontsnap. Volgens die tronkowerhede dien die gevangene verskeie vonnisse uit, onder andere vir georganiseerde misdaad.

Die tronk het ’n interne ondersoek oor die voorval geloods en die tronkdirekteur, Sébastien Cauwel, het erken “’n reeks foute” het tot die voorval gelei. Volgens hom huisves Lyon-Corbas tans dubbeld soveel gevangenes as waarvoor dit bedoel is, wat die werksomstandighede vir beamptes aansienlik bemoeilik.

Bronne: BBC, The Independent, CNN

Lees ook: Israel erken ‘tegniese fout’ het tot kinders se dood gelei