FRANKRYK. – Die gevangene (20) wat in sy vrygelate selmaat se wasgoedsak ontsnap het, is vandag ná net drie dae van vryheid in hegtenis geneem.
Lees ook: Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’
Die man, identifiseer as Elyazid A, is in Santhonay-Camp, naby Lyon, in ’n kelder gevind en in hegtenis geneem. ’n Rooi kennisgewing is deur Interpol uitgereik ure ná Elyazid A ontsnap het. Hy word ondersoek vir bande met georganiseerde misdaad en dien verskeie vonnisse uit, insluitend ’n vonnis vir moord.
Die man in wie se sak Elyazid A geskuil het, word steeds gesoek vir sy moontlike betrokkenheid in die ontsnapping.
Lyon se aanklaer ondersoek Elyazid A se ontsnapping en bande met misdadaadorganisasies. Die tronkdiens het ook ’n interne ondersoek geloods oor die ontsnapping en het gesê “alle behoorlike dissiplinêre stappe sal geneem word”.
Bronne: Euronews, Yahoo News, CNN
Lees ook: Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’





