Gambië wil weer vroulike mutilasie toelaat

Lees ook :

Die Gambia wil weer vroulike geslagsdeel mutilasie toelaat
Die Gambia wil weer vroulike geslagsdeel mutilasie toelaat fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur

GAMBIë. – Wetmakers in Gambiê het die week gestem om weer mutilasie van vroulike geslagsdele toe te laat, ‘n praktyk wat in 2015 verban is.

Die wetmakers wat voorgestel het die verbod moet gelig word, het gesê dit is om die “kulturele norme, waardes en geloof te respekteer”.

Aktiviste en regsorganisasies het gesê as die verbod gelig word, sal dit jare se vordering vernietig en weer die pad vir kinderhuwelike oopmaak.

Altesaam 42 wetmakers het gestem om die verbod te lig en vier het daarteen gestem. Die wet sal weer voor die parlementêre komitee verskyn waar dit vir minstens drie maande gefynkam sal word.

Bronne: IOL, Le Monde, Voice of America

Lees ook: Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief