Gasstoof mét pot hoenderkerrie skoonveld

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n “Gasstoofdief” het glo Vrydag nie net ‘n inwoner van Havenwoodweg in Trenance Park se gasstoof uit sy erf gesteel nie, maar ook ‘n pot hoenderkerrie.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is na ‘n klagte van diefstal uitgeroep. Die inwoner het kos op ‘n gasstoof in sy erf voorberei en vlugtig die huis ingegaan om ‘n radio aan te skakel. Enkele minute later, toe hy weer buite kom, was die pot kos en die gasstoof skoonveld.

Die huiseienaar het niemand gesien wat die erf betree nie en kon nie bevestig wie vir die diefstal verantwoordelik is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief