Lees ook: Altesaam 207 gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng sedert Februarie aangemeld
GAUTENG. – Die Gautengse gesondheidsdepartement en onderwysdepartement het aangekondig dat hulle nou saamwerk met skole om die toenemende aantal gevalle van voedselvergiftiging in die provinsie aan te spreek.
Dit volg na daar sowat 207 gevalle van voedselvergiftiging sedert Januarie aangemeld is, met sowat 10 kinders wat oorlede is, vyf van hulle verlede week.
Die departement van gesondheid het gesê ‘n element van plaagdoder was in die meeste van die gevalle teenwoordig. Meeste van die gevalle het plaasgevind in informele nedersettings, koshuisgemeenskappe en klein dorpies.
Om die probleem aan te spreek, het die gesondheidsdepartement drie nuwe programme geloods wat daarop gemik is om die gemeenskap oor chemiese veiligheid en voedselhigiëne op te voed. Hierdie inisiatiewe is daarop gerig om bewusmaking te verhoog en praktyke te verbeter om toekomstige gevalle van voedselvergiftiging te voorkom.
Bronne: SABC, Bizcommunity, Inside Education
Lees ook: Altesaam 207 gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng sedert Februarie aangemeld