Lees ook: Boetie en sussies wat sterf, se name bekend
GAUTENG. – Die departement van gesondheid het gesê 207 gevalle van voedselvergiftiging is in Gauteng sedert Februarie aangemeld. Tien kinders is sedert Februarie oorlede aan voedselvergiftiging.
Die Gautengse departement van gesondheid het gesê die meeste gevalle kom voor in informele nedersettings, koshuisgemeenskappe en klein dorpies. Ouers en voogde word gevra om versigtig te wees om seker te maak hulle kinders is veilig.
Twee seuns van Tshwane is Donderdag aan moontlike voedselvergiftiging oorlede na hulle pap en sop by die huis geëet het. Die een seun (4) is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar terwyl sy boetie (6) bewusteloos was met skuim om die mond en neus. Hy is later dood verklaar.
Nog drie kinders moes Donderdag op Vosloosrus met simptome van naarheid en swakheid opgeneem word. Twee van die kinders (drie en ses jaar oud) wat bure was, is met hulle aankoms by die hospitaal oorlede. Die derde kind (6) is in ‘n kritieke toestand.
Die oom van die driejarige en sesjarige is ook in die hospitaal opgeneem met voedselvergiftiging. Hy het ‘n pak slaptjips met die kinders gedeel. Hy is later ontslaan.
Bronne: IOL, The Citizen, Jacaranda FM
Lees ook: Laer brandstofprys vir September bekend