Lees ook: Nick Frischke-verdagtes vandag weer in die hof
Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het ouers verseker hulle kinders sal teen die 16de Augustus in skole naby aan hulle huise geplaas word.
Chiloane het die aanlyn aansoeke vir skoolinskrywings vir 2025 tot 14 Augustus 2024 verleng.
Hy het gesê die aansoeke is verleng omdat die sisteem vir ‘n tyd af was, maar het nou belowe kinders sal in skole naby hulle wonings geplaas word. Chiloane het gesê as die kinders ver geplaas word, sal daar vervoer gereël word om seker te maak die kinders kom by die skool.
Bronne: IOL, The Citizen, SABC





