Lees ook: Nick Frischke steeds vermis na ’n jaar
WYNBERG. – Die verdagtes in die Nick Frischke-saak verskyn vandag in die Wynberg-landdroshof.
Frischke (23), ‘n Duitse toeris, het 14 Februarie 2024 verdwyn na hy in Houtbaai gaan stap het.
Die vyf verdagtes, Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo, en Melvin Guenantin, word aangekla van roof. Frischke se rugsak, selfoon, kredietkaart en ID is in hulle besit gevind.
Frischke is steeds nie gevind nie en dit is onbekend of hy nog lewe. Daar was voorheen bewerings dat ‘n man wat soos hy lyk in Kaapstad opgemerk is.
Bronne: EWN, TimesLIVE
Lees ook: Nick Frischke steeds vermis na ’n jaar