Gayton McKenzie stop befondsing vir ‘superfans’

Lees ook :

Gayton McKenzie stop befondsing vir 'superfans'
Gayton McKenzie stop befondsing vir 'superfans' fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nooddienste in Gauteng gereed vir koue temperature

Gayton McKenzie, die nuwe minister van sport, kuns en kultuur (DSAC), het vanoggend op X aangekondig hy het alle betaling van reis- en verblyfkostes deur sy departement vir aanhangers stopgesit.

Hy het in sy plasing gesê daar is atlete en kunstenaars wat sukkel om geld te kry om sportbyeenkomste en uitstallings by te woon. McKenzie het gesê die geld wat gebruik is om sogenaamde superfans, soos Mama Joy Chauke en Botha Msila, na die geleenthede te stuur, gaan eerder gebruik word waar dit nodig is.

In nog ’n plasing het hy gesê: “As jy niks verkeerd gedoen het nie, hoef jy nie bekommerd te wees nie”. Hy het ook gesê hy is verbaas oor hoeveel van die kunstenaars wat kla, befondsing van die DSAC ontvang.

Bronne: X

Lees ook: Nooddienste in Gauteng gereed vir koue temperature

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App