Brekende Nuus
Afrikaans

Nooddienste in Gauteng gereed vir koue temperature

Nooddienste in Gauteng op hoede oor koue temperature

fotokrediet: Canva
Nooddienste in Gauteng op hoede oor koue temperature fotokrediet: Canva

Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik

GAUTENG. – Volgens nooddienste in Gauteng is hulle op hulle hoede en hou al sewe streke in die stad Johannesburg dop terwyl temperature tot minus 5°C daal.

Die Johannesburgse nooddienstebestuur het inwoners gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle verwarmers, vuur en kole gebruik om warm te bly. Onlangs is drie seuns oorlede na hulle ‘n konkavuur in hulle kamer gemaak het om warm te bly.

Verskeie weerwaarskuwings uitgereik; dit is moontlik dat die weer in die week sal vererger.

Sowat 1 000 huise is in Khayelitsha deur sterk winde beskadig en omtrent 4 000 mense is nou haweloos.

Bronne: Briefly, eNCA, The Independent

Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik