Gebrande liggame onder brug gevind nadat ‘veediewe’ verdwyn

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Twee verbrande liggame is Donderdag onder ‘n brug op die R575-pad naby Middelburg gevind. Hierdie ontdekking volg ná inligting van ‘n anonieme bron ontvang is. ‘n VW Golf, wat vermoedelik aan een van die slagoffers behoort het, is verlede week uitgebrand daar naby gekry.

Kol. Donald Mdhuli, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die ontdekking gemaak is deur ondersoekers wat aan die Laersdrift-plaasinsident toegewys is. Die ondersoek na die verbrande liggame volg kort na die hofverskyning van die verdagtes vir ontvoering en aanranding.

“Twee aanklagte van moord kan moontlik, soos die ondersoek voortduur, teen die verdagtes bygevoeg word.”

Die polisie het die publiek bedank vir die inligting wat tot die deurbraak gelei het. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Twee mans, wat van veediefstal verdink is, is vermoedelik op 23 Augustus van ‘n plaas in Laersdrift ontvoer en vermoor.

Kol. Donald Mdhluli sê die twee mans se name is aan die polisie bekend. Twee verdagtes is op 28 Augustus in hegtenis geneem. Hulle het Donderdag 29 Augustus in die Middelburg-landdroshof voorgekom. Die saak is tot 5 September uitgestel, terwyl die verdagtes in aanhouding bly terwyl die polisie se ondersoek voortduur.

Die plaas is in die Somaphepha-area, naby Laersdrift, buite Middelburg geleë. Deel van die polisie se ondersoek is om vas te stel waar die twee vermiste mans, of dan hul liggame, is.

“Die SAPD is verbind tot ‘n deeglike ondersoek van hierdie saak en ‘n toegewyde span werk ywerig om alle feite rondom hierdie tragiese gebeurtenis te ontbloot.”

Enigiemand met inligting aangaande die insident word gevra om na vore te kom. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief