KWAZULU-NATAL. – ‘n Meganiese probleem het verhoed dat verdagtes gister ‘n NP200-bakkie wat op die M41 naby Auto & General gestaan het, kon kaap.
KZNVIP Protection Services sê na bewering het ‘n wit Avanza met gewapende verdagtes agter die bakkie stilgehou en probeer om dit te kaap.
Die slagoffer het die sleutels aan die vermeende kapers oorhandig, maar hulle kon die voertuig weens ‘n meganiese probleem nie aansit nie en is stert tussen die bene vort.
KZNVIP Protection Services en metropolisie was op die toneel teenwoordig.