Gedenkdiens gehou vir 11 leerders wat in ongeluk sterf

Lees ook :

Foto's: Gauteng-onderwysdepartement

GAUTENG. – ‘n Gedenkdiens is vir die 10 leerders van Primêre Skool Rocklands en een leerder van Laerskool Blyvooruitsig gehou.

Steve Mabona, die woordvoerder van onderwys in die provinsie, sê die diens is by Grace Bible Church in Carletonville gehou.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning in die provinsie, het die gedenkdiens vir die leerders wat in ‘n ongeluk saam met hul voertuigbestuurder hulle lewens verloor het, bygewoon. Die ongeluk het op Woensdag 10 Julie in die Kokosi-Wedela-area in Merafong gebeur.

Die kinders wat hulle lewens verloor het, is: van Primêre Skool Rocklands – Junior Mankofu (13) in gr. 7, Thato Hlalele (8) in gr. 3, Thandeka Mtyilibe (9) in gr. 4, Khothatso Sesing (9) in gr. 4, Tshiamo Makinta (9) in gr. 4, Hlompho Hlalele (10) in gr. 5, Olesego Khesa (12) in gr. 6, Katlego Morebudi (12) in gr. 7, Shile Hlalele (12) in gr. 7, en Reneilwe Hlalele (7) in gr. 2.

Die Hlalele-seuns was broers en die meisies susters. Hulle ma’s is susters.

Reabetswe Rabodiba (7) was in gr. 1 in Laerskool Blyvooruitsig.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat 12 leerders en die bestuurder van hulle privaat skoolvervoer Woensdagoggend omstreeks 07:00 in die Wedela-area in ‘n ongeluk betrokke was en gesterf het. Die ongeluk het op die Blyvoorpad, naby die N12-hoofweg in die Wedela-area, gebeur.

Misdaadtoneelbestuur, wat ‘n botsingseenheid insluit, is na die toneel ontbied.

Brig. Brenda Muridili sê die minibus waarin die leerders gery het, was met ‘n Ford Ranger-bakkie in ‘n ongeluk betrokke. Die kinders was onderskeidelik onderweg na Laerskool Rocklands en Laerskool Blyvooruitsig in Carletonville.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in die provinsie, sê agt leerders is na Carletonville-hospitaal gehaas. Sewe van die leerders is Woensdag ontslaan, terwyl een na die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal oorgeplaas is.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê nog sewe leerders is vir dringende mediese behandeling na ‘n mediese fasiliteit gehaas. Die tragiese en noodlottige ongeluk het in die Kokosi-Wedela-area in Merofong gebeur. Die minibus waarin die leerders vervoer is, is van agter deur ‘n bakkie getref, wat veroorsaak het dat dit gerol het. Mabona sê die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief