Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 1-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir dele van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgereik.
Lees ook: Reën voorspel vir die res van die week
Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, hael, sterk wind en gevaarlike weerlig. Hael en sterk winde kan skade aan infrastruktuur veroorsaak.
Mense word gewaarsku om lopende water en paaie wat oorstroom het, te vermy. As water styg, moet mense na ‘n hoër gebied beweeg. Vermy water, hoë bome en enigiets wat met elektrisiteit werk wanneer daar weerlig is.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Reën voorspel vir die res van die week





