Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 4-waarskuwing vir erge reën en moontlike oorstromings vir KZN vir vandag uitgereik.
Lees ook: Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën en moontlike oorstromings is ook vir dele van die Oos-Kaap uitgereik.
’n Afsny-laagdrukstelsel het die land vanaf Woensdag getref met koue weer, hael, sneeu en erge reën. Die afsny-laagdrukstelsel sal na verwagting môre (Saterdag) begin opklaar.
Bronne: SAWD
Lees ook: Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel





