Dit is reeds meer as 500 dae sedert die liggaamsdele van Bokgabo Poo (4) ‘n dag na sy vermis is op 11 Oktober 2022 in Boksburg gevind is en steeds soek haar familie antwoorde.
Volgens Action Society het haar familie as gevolg van die agterstand in DNS-ontleding nog nie antwoorde oor haar dood gekry nie en nog geen skuldigbevindings is gemaak nie.
“This is an insulting injustice, all due to the ever growing DNA backlog that has left thousands of victims and their families waiting endlessly for justice,” sê Kaylynn Palm, die hoof van Action Society se aksiesentrum in die Wes-Kaap.
Die kleutermeisie het op 10 Oktber vermis geraak en haar liggaamsdele is van die volgende dag af op verskillende plekke gevind.
Ntokozo Zikhale, wat op borg uit was nadat hy vir nog ‘n beweerde verkragting van ‘n meisie (9) op 7 November 2022 in aanhouding was, is op 14 Oktober as verdagte in die saak in hegtenis geneem.
Die wetlike neem van DNS-monsters vir skedule 8-misdade waar verdagtes in hegtenis geneem en aangekla word, is as ‘n probleem geïdentifiseer omdat dit nie nagekom word nie.
“Out of the 362 686 schedule-8 offenders arrested in the 2022/23 financial year, only 296 574 buccal samples were extracted, translating to only 81%.”
In werklikheid is die databasisse wat nie op datum gehou word nie, saam met die agterstand, die rede vir sake wat nie afgehandel word nie. Verdagtes word op borg vrygelaat en teiken nog slagoffers.
Action Society eis dat sake van skedule 5-misdade – moord, poging tot moord, onsedelike aanranding en verkragting – geprioritiriseer word en dat die polisie die databasisse op datum hou.
“More than 80 murders are recorded in South Africa every day, but only 14,5% of them are solved, due to the DNA backlog. It is unacceptable that victims and their families go years without so much as an answer from the police,” het Palm afgesluit.





