Geen borg vir vrou wat ‘kinders tydens Bybellesse seksueel voorberei’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Vrou (43) van Vioolsdrift met 18 aanklagte, wat beweerde seksuele voorbereiding van kinders insluit, is in die Springbok-distrikshof borg geweier.

Mojalefa Senokoatsane van die NVG sê die aangeklaagde van Okiep wat saam met haar man op Vioolsdrift bly, word deur klagtes van gedwonge verkragting, gedwonge seksuele aanranding, seksuele voorbereiding van kinders, seksuele uitbuiting van kinders en die ontbloting van geslagsdele aan kinders, sowel as verkragting in die gesig gestaar.

Volgens die staat het die beskuldigde na bewering die kinders vir Bybellesse en geestelike leiding na haar huis genooi waar die seksueel-verwante misdade glo in ‘n hut (shack) op haar erf plaasgevind het. Kinders tussen die ouderdom van agt en 16 jaar is deur hul ouers toegelaat om aan hierdie besoeke deel te neem onder die voorwendsel dat hulle glo Bybellesse ontvang.

‘n Onderwyser van Vioolsdrift is die eerste persoon aan wie die kinders glo die beweerde misdade gerapporteer het. Die onderwyser het ‘n maatskaplike werker betrek en die misdade is by die polisie aangemeld.

Die beskuldigde van ‘n gevestigde kerk is borg geweier en sal tot in Maart in aanhouding bly wanneer die saak weer sal voorkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief