Brekende Nuus
Afrikaans

Geen inhegtenisnemings, sê polisiewoordvoerder

Foto: SABC
Foto: SABC

GAUTENG. -Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie is nie bewus van enige inhegtenisnemings nie – ook nie van lt.genl. Shadrack Sibiya nie.

Sy het ook bygevoeg almal weet daar is voortdurende ondersoeke soos wat gepubliseer is en soos wat in die ad hoc-komitee en Madlanga-kommissie genoem is. Mathe sê voorts die polisie sal die situasie montior en dat verdere besonderhede bekend gemaak sal word indien daar enige nuwe ontwikkelinge is.

Sibiya, wat geskors is, se huis in Centurion is glo Donderdagoggend deursoek en daar is op elektroniese toestelle beslag gelê. Die goedgekeurde deursoekingslasbrief is glo deel van ‘n ondersoek na bewerings van korrupsie, geldwassery en regsverydeling. Die polisieman het gesê hy was onder die indruk hy sou in hegtenis geneem word. Sibiya is vroeër vanjaar weens bewerings van inmenging in ondersoeke wat deur die politieke moordtaakspan in KwaZulu-Natal hanteer is, geskors.

Bronne: SAPD, Eyewitness News (EWN), Central News en Cape Times / IOL