Geen liggame by Helen Joseph-hospitaal gelaat nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Misleidende berigte dat liggame in die lykshuis van Helen Joseph-hospitaal in Aucklandpark in limbo gelaat is, is Sondag deur die Gautengse departement van gesondheid (GDoH) weerlê.

Motalatale Modiba, woordvoerder vir die departement, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die fasiliteit het slegs een liggaam van ’n pasiënt wat Woensdag met aankoms dood verklaar is. Die identiteit van die oorledene was aanvanklik onbekend, maar die familie, afkomstig van KwaZulu-Natal, is later opgespoor en oor die oorledene ingelig en die liggaam sal vandag aan die forensiese span oorhandig word. Die departement erken dat daar tussen 17 en 23 Junie uitdagings met drukwerk was, wat die verwerking van gevalle by die hospitaallykshuis vertraag het. Bestuur het egter planne in werking gestel en vyf gesinne wie se gevalle uitstaande was, is op Dinsdag, 24 Junie gehelp.

Die vertraging in drukwerk was te wyte aan betalingsvertragings aan twee diensverskaffers. Hierdie saak word tans deur die finansiespan hanteer.

Die departement beklemtoon dat daar tans geen liggame is wat op prosessering wag as gevolg van drukverwante uitdagings nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief