Brekende Nuus
Afrikaans

Geen oorlewendes ná vliegtuig by Southend-lughawe neerstort

Geen oorlewendes ná vliegtuig neerstort by Southend lughawe

fotokrediet: X
Geen oorlewendes ná vliegtuig neerstort by Southend lughawe fotokrediet: X

LONDEN. – Daar was geen oorlewendes nie nadat ’n vliegtuig Sondag by die Southend-lughawe in Londen neergestort het nie.

Lees ook: Lughawe gesluit nadat vliegtuig neerstort kort ná opstyging

Die vliegtuig, onder bestuur van Zeusch Aviation, het in mediese ontruimings gespesialiseer en was op pad na Nederland nadat dit ’n pasiënt in Southend afgelaai het.

Daar was vier mense in die vliegtuig, insluitend ’n verpleegster, wat deur haar familie geïdentifiseer is, ’n Europese dokter en twee Nederlandse vlieëniers. Ondersoekers werk nog daaraan om die ander drie slagoffers te identifiseer.

Die ondersoekafdeling vir lugongelukke van die Essex-polisie is besig om die ongeluk te ondersoek.

Southend-lughawe sal vir eers gesluit bly.

Bronne: The Independent, BBC, Express

Lees ook: Lughawe gesluit nadat vliegtuig neerstort kort ná opstyging