Daar is tans geen skarlakenkoors-voorvalle in die Noord-Kaap aangemeld nie.
So sê Lulu Mxekezo, woordvoerder van die department van gesondheid in die Noord-Kaap, nadat ’n skool in Limpopo weens die uitbreek van dié siekte gesluit is.
Volgens Wikipedia is skarlakenkoors ‘n aansteeklike kindersiekte wat deur streptokokke veroorsaak word. “Die siekte word gekenmerk deur ‘n veluitslag en aantasting van die slymvliese van diemond en keel. Die bakterieë skei ‘n gif af wat ‘n groot aantal organe kan beskadig.”