Tegnologie ingespan nadat leeu maand gelede uit Karoo-park ontsnap het

Lees ook :

’n Jong leeumannetjie word sedert 15 Februarie 2019 deur bewaarders en vrywilligers gesoek. Dié leeumannetjie het uit die Karoo Nasionale Park ontsnap. Sy spoor is laas op 11 Maart 2019 opgemerk. Dit was ongeveer 42 km noordoos van Sutherland, in die rigting van die Fraserburg-omgewing in die Noord-Kaap.

Fayroush Ludick, ’n woordvoerder van Sanparke, sê: “Ons span het laas die leeu se spoor ongeveer 42 km noordoos van Sutherland gewaar. Ons het verslae ontvang dat die leeu vier skape en twee bokke gevang het op ’n plaas in die area.”

Infrarooi tegnologie word ingespan om die leeu vas te trek

“’n Span van Bidvest Protea Coin het op Vrydag 8 Maart 2019 by ons aangesluit en met behulp van hulle helikopter met infrarooi tegnologie kon ons span tot in die nag soek om die leeu se spoor op te vang. Ongelukig het die span geen sukses behaal oor die naweek nie,” verduidelik Ludick.

“Die Bidvest-helikopter is een van die enigste twee helikopters in die land wat met ‘forward-looking infrared (FLIR)’ toegerus is. Dit laat die operateur toe om ’n radius van 10km te fynkam vir liggaamshitte van die leeu. Die soektog duur voort,” sluit Ludick af.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief