Tiener twee dae na sy matriekafskeid, doodgesteek met mes

Lees ook :

Foto: Boniface Ndlovu op sy matriekafskeid.(Facebook)

Boniface Ndlovu, ‘n gr. 12-leerling aan Emmanuel Sekondêre skool in Kimberley, is die naweek na bewering vir sy skoene vermoor.

Skoene gesteel

Ndlovu se skoene, wat hy na sy matriekafskeid Vrydagaand gedra het, is gesteel tydens die moord op hom Sondagoggend. Ndlovu het vroeg Sondagoggend saam met vriende gestap, toe hulle na bewering deur ’n groep mans oorval is.

Die voorval het naby die sportgronde van Stock & Stock gebeur. Hy was reeds dood toe sy familie op die toneel aangekom het.

Bekommerd oor misdaad

Andrew Louw, premierskandidaat van die DA, sê dié party is geskok deur die voorval en is bekommerd oor misdaad in Kimberley.

“Ons simpatie gaan uit na sy gesin. Ons kan ons nie indink wat die impak moet wees om ’n kind so jonk te verloor nie. Hy het groot drome gehad. Hy het goed gedoen in die skool.”

Geen verskoning vir moord

Louw sê moord deur middel van wapens soos messe, gebeur gereeld in Kimberley. “Dis nie die tipe gemeenskap waarin jy jou gesin wil grootmaak nie. Ons is bewus daarvan dat die huidige misdaad-situasie te wyte is aan polisielede wat nie ordentlik opgelei word nie, te min personeellede en te min hulpbronne. Daar is steeds géén verskoning vir moord nie!”

Louw sê die hele gemeenskap moet opstaan teen misdaad. “Op die ou end is jou kind my kind. Dit raak ons almal. Ons moet ’n verskil begin maak.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief