Kimberley weer Saterdag sonder water – maar damme is vol

Lees ook :

Die vlakke van die opgaardam by Riverton steek verby die maksimum kapasiteitmerker en die waterpompe en filtrasiesisteem loop volstoom sonder enige probleme.

Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, het vandag 23 Januarie 2018 ’n oorsiginspeksie by Riverton-watersuiweringsaanleg uitgevoer. “Water is ’n kritiese lewensbron en dit is onaanvaarbaar om watertoevoer na inwoners, soms vir dae lank af te sny. Die watersuiweringsaanleg by Riverton is in ’n goeie werkende toestand en die watervlakke is meer as genoeg om die stad van genoeg water te voorsien,” verduidelik Louw.

Tydens die oorsiginspeksie was C-PAC Pumps besig met die belyning van nuwe waterpompe wat vroeër die week by die Dudley Clements-gebou geïnstalleer is. Daar was wel geen aktiwiteite by die nuwe gebou waar daar alreeds elektroniese beheer en waterpompe installeer is nie.

Die watersuiweringproses is ook tydens die oorsiginspeksie aan besoekers gedemonstreer.

Louw sê: “Swak instandhouding, ’n verouderde en verbrokkelende waterinfrastruktuur asook die gebrek aan beplanning is van die redes hoekom die munisipaliteit sukkel om inwoners van Kimberley van water te voorsien. Waterlekkasies, gebarste waterpype en die verlies van gesuiwerde water is ‘n alledaagse verskynsel in Kimberley. In die 2016/17 finansiële jaar het die munisipaliteit byna 50% van gesuiwerde water weens lekkasies en gebarste pype verloor.”

Intussen het die munisipaliteit gesê die water is Saterdag weer af.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief