Geheime word uitgelap in Op my eish!

Lees ook :

Geheime word uitgelap in Op my eish! Foto: kykNET

In die 10de episode van die reeks Op my eish! het geheime uitgelek en die vroue se kennis oor Brendan Peyper is getoets.

Rachelle wen ’n kompetisie waarin die vroue vrae oor Brendan moes beantwoord. Die vrae het sy rugbyposisie en hond se naam ingesluit. Brendan se kennis oor die meisies word ook getoets en hy brand vas met vrae oor Chaunte en Janae.

Brendan en die vroue gaan na ’n spa waar almal saam in ’n jacuzzi beland. Hy spandeer alleentyd saam met Rachelle. Hy stel haar gerus dat sy nie teen die ander vroue hoef te kompeteer nie, omdat hy haar “raaksien”.

Jonelle bieg dat sy bang is om weer seer te kry in ’n verhouding. Katja gebruik haar kans en vra later vir Brendan of sy hom mag soen.

Chaunte se klikkery oor Janae, wat beplan om op seiljagte te gaan werk, is beslis die hoogtepunt van die episode. Brendan wil weet wie die vrou is, en Janae kom met die waarheid uit. Sy verseker hom dat dit nie ’n definitiewe reëling is nie en sy sal die opsie heroorweeg indien hulle verhouding uitwerk.

In die volgende episode maak die vyf vroue met die media kennis.

Bronne: kykNET, Terloops

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief