Gekaapte sleepwa met goedere teruggevind

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – ‘n Gekaapte sleepwa, met goedere ter waarde van R600 000, is omstreeks 09:00 op Kersdag deur EMPD-Bronberg in die Petit-gebied teruggevind.

Ekhurhuleni-metropolisie sê beamptes van dié departement was besig met roetinepligte toe hullle ‘n sleepwa aan die kant van Pretoriapad opmerk. Met ondersoek is bevind die sleepwa met ‘n vraghouer is in die Durban-hawe gekaap.

Die sleepwa het geen registrasienommer of ‘n lisensieskyfie gehad nie, maar die eienaar kon bevestig die vrag is aluminium. Die nodige rolspelers is gekontak, waarna die sleepwa met sy vrag na veiligheid gesleep is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief