Gekaapte vragmotor met R4 m. vuurwerk teruggekry

Lees ook :

Foto's: Durban Metro Police Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vragmotor wat Woensdagoggend in die area van Camperdown met vuurwerk ter waarde van R4 m. gekaap is, is in Phoenix teruggevind.

Durban-metro se polisie-dwelmeenheid het saam met eThekwini-munisipaliteit se infrastruktuur-taakspan, misdaadintelligensie en Dew Force Security inligting opgevolg, waarna drie verdagtes gearresteer is. Daar is op die verdagtes toegeslaan terwyl hulle besig was om die gesteelde goedere by ‘n Hindoe-tempel af te laai. Die gekaapte vragmotor met vrag is teruggekry.

Die SAPD se bomeenheid is weens die vlambaarheid van die items na die toneel ontbied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief