Geliefde en gewilde aktrise sterf

Lees ook :

Foto's: Vriende van NALN, Crystal-Donna Roberts en Schalk Cornelessen

Crystal-Donna Roberts (40), aktrise, aanbieder en skrywer, het vanoggend na ‘n lang stryd teen kanker gesterf.

Schalk Cornelessen, haar man, het die nuus van op sy sosiale media gedeel: “RIP my beautiful beautiful loving wife.”

Roberts is op 13 Oktober 1984 in Bloemfontein gebore en is in talle produksies, onder meer 7de Laan, Arendsvlei, Vallei van Sluiers, Projek Dina, Die Byl en Die Boland Moorde te sien.

Volgens Vriende van NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) se Facebook-blad het Roberts in 2019 op die Tussen Ons-geselsprogram vertel sy is met borskanker gediagnoseer en moes ‘n dubbele mastektomie ondergaan. Kankerselle is daarna in haar kliere opgespoor en sy moes chemobehandeling ontvang.

Roberts het in 2018 ‘n SAFTA-toekenning vir beste aktrisie vir die naamrol in Krotoa ontvang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief