NOORDWES. – Melusi Dladla (54), ‘n gemeenskapspatrolleerder, se liggaam is deur ‘n verbyganger in ‘n beboste gebied in Ziinaiville, naby die R510 in Thlabane gevind.
Kol. Adéle Myburgh sê Dladla is op die toneel dood verklaar. Hy is in die nek geskiet nadat hy glo twee verdagtes gekonfronteer het.
Lt.genl. Sello Kwena het hartseer oor Dladla, wat die gemeenskap as vrywilliger beskerm het, se dood uitgespreek. Hy het ook gemaan gemeenskapspatrolleerders moenie alleen werk nie.
Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om sers. Whalter SEome by 082 773 0696 te bel.





