NOORDWES. – Gemeentelede van ‘n kerk in Jouberton buite Klerksdorp is Donderdagaand tydens ‘n diens deur vyf onbekende verdagtes bestorm en van waardevolle items beroof.
Lt.kol. Amanda Funani sê die verdagtes word gesoek. Na bewering was ‘n kerkganger buite die kerkgebou toe verdagtes met klapmusse hom met vuurwapens gedreig het. Hy is glo beveel om terug die kerk in te gaan waar gemeentelede gedwing is om op die grond te lê. Hulle is deursoek en van waardevolle items beroof, waarna die verdagtes te voet gevlug het.
Funani sê die Jouberton-polisie is ontbied en ‘n sakeroofsaak is oopgemaak.
Enigiemand met inligting word versoek om sers. Bantjies by 082 568 6086 te bel.





