MALIBU, VSA. – Gene Simmons (76), voorsanger van die rockgroep KISS, het gesê hy is by die huis ná hy Dinsdag in ‘n motorongeluk in Malibu, VSA was.
Lees ook: Andy se pa van ‘The Breakfast Club’ oorlede
Hy het in ‘n plasing op X geskryf: “Dankie almal vir die mooi wense. Ek is heeltemal oukei. Ek het ‘n klein ongeluk gehad. Dit gebeur. Veral met dié van ons wat slegte bestuurders is. En dit is ek. Alles is oukei”.
Simmons het Dinsdag met sy motor in ‘n geparkeerde voertuig vasgery. Hy was in die hospitaal vir waarneming, maar is kort daarna ontslaan. Owerhede het gesê Simmons het aan noodpersoneel gesê hy het sy bewussyn verloor en toe in die voertuig vasgery.
Simmons se vrou, Shannon Tweed, het gesê dit was moontlik weens sy medikasie dat hy sy bewussyn verloor het.
Bronne: NME, USA Today, The Independent





