GAUTENG. – Lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris van Gauteng, en nog polisielede het ‘n suksesvolle padblokkade in die Paul Kruger-hoofweg in Benoni uitgevoer.
Volgens die polisie was dit ‘n hoëdigtheid Shanela-operasie om wet en orde in die Ekurhuleni-area te herstel.
Verskeie inhegtenisnemings is gemaak met die fokus op gemeenskapsveiligheid en om kriminele aktiwiteite te bekamp.
Altesaam 29 persone sonder geldige identiteitsdokumente is in hegtenis geneem, en twee vir die besit van dwelms.
Altesaam vyf drankpersele is vir oortreding van die drankwet toegemaak.

Foto: SAPD





