Genl. Nhlanhla Mkhwanazi – ‘Risk Influencer of the Year’

Lees ook :

Foto: SAPD

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal, het Vrydag die toekenning as Risk Influencer of the Year van die president en hoof-uitvoerende beampte van die Institute of Risk Management South Africa (IRMSA) ontvang.

Maj.genl. Nonkululeko Phokane sê die gelukwensingseremonie is deur genl. Fannie Masemola gelei toe Bheki Gutshwa en Yvonne Mothibi die toekenning in die teenwoordigheid van nog senior polisiebestuurders oorhandig het.

Toekennings vir risiko-uitnemendheid word toegeken aan diegene wat positief bydra om mense, reputasie en wins te beskerm, terwyl risiko’s ter bevordering van die veiligheid en belange van die land versag word. Mkhwanazi se naam word nou by dié van president Cyril Ramaphosa en hoofregter Mogoeng Mogoeng gevoeg, wat ook reeds die uitsonderlike toekenning ontvang het.

“Hierdie toekenning erken die SAPD se toewyding aan risikobestuur en ons verbintenis om ‘n veiliger omgewing vir almal te skep,” sê Mkhwanazi.

““Ons wens lt.genl. Mkhwanazi geluk met hierdie welverdiende erkenning en sien uit na sy voortgesette leierskap in hierdie kritieke provinsie,” sê genl. Masemola op sy beurt.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief