George-ramp: Dodetal styg tot 24, uitkenningsproses bespoedig

Lees ook :

Foto: George-munisipaliteit

WES-KAAP. – Teen vanoggend is reeds 24 persone oorlede, wat uit die puin op die ramptoneel van die ineengestorte woonstelgebou in Victoriastraat in George gehaal is.

Planne om oorledenes met ondersteuning van patologiese dienste en die polisie uit te ken, word tans bespoedig. Diegene wat ‘n familielid in die ramp vermis, word gevra om na die George-burgersentrum in Yorkstraat te gaan om sodoende die korrekte name van vermistes en oorledenes te kry.

Volgens George-munisipaliteit is van die 81 werkers wat op die perseel ten tyde van die ramp was, 53 reeds uit die bourommel gehaal, van wie 24 oorlede en 13 nog in die hospitaal is. Daar word steeds na 28 persone in die puin gesoek.

Tydens die reddingsoperasie wat nou al ‘n week duur, is verskeie rolspelers en reddingswerkers reeds meer as 160 uur op die toneel teenwoordig. Beroepsgesondheids- en veiligheidspersoneel wat help om die reddingswerkers op die ramtoneel veilig te hou, word deur die munisipaliteit bedank.

“There is still an urgent call for professional psychosocial support practitioners proficient in Chewa, Portuguese, and Shona languages to assist survivors and their families. Several practitioners have already offered there services and more are welcomed to contact Ms. Kholiswa Jobela at 078 210 5972 or Mr. Apolus Swart at 061 504 4205.”

Sihle Zikala, die nasionale minister vir openbare werke en infrastruktuur, sowel as Alvin Botes, die nasionale adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal vandag die ramptoneel besoek. Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, Bheki Cele, die minister van polisie, en genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie, het verlede week die ramptoneel besoek.

Alle besonderhede wat deur die munisipaliteit vrygestel word, word dubbel nagegaan.

Foto: Alan Winde, premier van die Wes-Kaap

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief