George-ramp: Hulp aan families nog vir maande

Lees ook :

Foto: George-munisipaliteit

WES-KAAP. – Die departement van maatskaplike ontwikkeling in die provinsie sê gesinne van slagoffers sal vir ses maande ondersteuning ontvang.

George-munisipaliteit het aangedui daar word steeds na 19 van die 81 persone gesoek. Die dodetal het sedert gistermiddag onveranderd op 33 gebly. Altesaam 62 persone is reeds uit die puin gehaal. Dit sluit oorlewendes, oorledenes en diegene wat gehospitaliseer is, in. Daar is tans 12 persone in die hospitaal. Van die sterftes wat bevestig is, is 27 mans en ses vroue.

Altesaam 47 van die slagoffers is aan hulle families gekoppel.

Pres. Cyril Ramaphosa sal die rampperseel Donderdag besoek.

Die skenkings van vars kos aan familielede by die George-burgersentrum is tans voldoende en meer is nie nodig nie. Indien persone steeds donasies wil maak, kan dit direk aan die AGS Soteria-kerk in Victoriastraat 27 gemaak word.

Verskeie organisasies het vandag kospakkies aan families geskenk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief