Raaisel om vermiste Noord-Kapenaar en sy drie worshonde verdiep

Lees ook :

Noord-Kapenaar en sy drie worshonde steeds vermis. Foto's: NSRI en Facebook

BLOUBERG, WES-KAAP. – Pierre Lotter (23) en sy drie worshonde is sedert Dinsdag vermis nadat hulle op Bloubergstrand by die Kid’s Rock-area gaan visvang het. Die liggaam van sy oom (47) is op die strand gevind nadat hooggety hulle vermoedelik vasgekeer het.

Volgens Hein Köhne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op Melkbosstrand is hulle Tafelbaai-groep om 19:30 deur bekommerde familielede gekontak. Hulle familie het toe niks van die twee mans sedert 18:30, toe hulle by Kid’s Rock gaan visvang het, gehoor nie.

Met die NSRI se aankoms op die toneel het hulle die liggaam van sy 47-jarige oom op die strand naby die Blue Peter-hotel gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

’n Soektog is daarna na Lotter, oorspronklik van Kathu, en sy drie honde begin. ’n Hommeltuig, termiese toestelle en duikers is ingespan, maar het niks opgelewer nie.

Owerhede vermoed die mans het met laaggety op Kid’s Rock visgevang en oor die kanaal probeer swem toe dit hoogwater geraak het.

Enigiemand met inligting wat die polisie met hulle ondersoek kan help, word aangemoedig om die Tafelbaai-SAPD by 021 521 3338 te kontak.

Bronne: NSRI, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief