NOORD-KAAP. – Storm, Connor en Cassidy Moodley, onderskeidelik 22, 24 en 27 jaar oud, was Sondag omstreeks 08:50 onderweg Kimberley toe in ‘n ernstige motorongeluk. Connor en Cassidy is oorlede, terwyl Storm om haar lewe veg. Die ongeluk het sowat 50 km buite Victoria-Wes in die rigting van Britstown plaasgevind.
Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits ‘n wit VW Polo het verskeie kere gerol. Die beseerdes is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer. Die 22- en 24-jarige susters het egter later aan hul beserings beswyk. Enigiemand met relevante inligting oor die ongeluk word versoek om. speur.konst. Tsepiso Bogoto by 065 552 2287 te bel.
Lees ook meer hier onder: