‘Geregtigheid is vandag yskoud bedien!’ – voormalige vroedvrou eersdaags gevonnis

Lees ook :

Foto: The Mzansi Plug

GAUTENG. – “Justice was served ICE cold today!” Hierdie woorde is uit ‘n plasing wat Alysia von Kloëg Woensdag op die Noah’s Story Facebook-blad gemaak het. “Die monster is in die tronk waar sy hoort. Om die hof te sien wat ons in baklei het vir ons babas met die regter en die staat, maak alles net real!”

“Dit was ‘n lang pad en ‘n harde battle, maar ons sou dit nie kon doen as ons almal nie saamgestaan het nie. Dis nooit te laat om ‘n saak oop te maak nie. Dis nooit te laat om ‘n monster aan te vat nie. Rus saggies aan elke baba wat seergekry het aan Yolande se hand. En elke baba wat nooit ‘n normale lewe sal lei nie.”

Yolande Maritz Fouchée (48), die eienaar en voormalige vroedvrou en verpleegster van You and Me-kraamsorgsentrum, is in die Pretoria-hooggeregshof skuldig bevind aan strafbare manslag en verskeie ander ernstige aanklagte wat verband hou met haar praktyk. Noah von Kloëg, 9 dae oud, het gesterf en is een van die babas waarvoor Fouchée aangekla is. Sy sal op 25 Mei gevonnis word.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê die skuldigbevinding volg nadat die hof bevind het dat Fouchée verantwoordelik was vir ’n reeks oortredings wat swanger vroue en pasgeborenes in gevaar gestel het. Sy is onder meer skuldig bevind aan die dood van ’n nege dae oue baba, asook ses aanklagte van aanranding, bedrog, die aanstel van ’n ongeskoolde persoon en nog vyf aanklagte van aanranding in die uitvoering van ’n professionele plig.

Die hof het gehoor dat Fouchée tussen 2019 en 2020 swanger vroue by haar praktyk in Murrayfield behandel het, waar sy voorgeboortesorg verskaf en bevallings hanteer het. Sy het na bewering ernstige komplikasies geïgnoreer en pasiënte nie vir spesialisbehandeling verwys nie. Daar is ook getuienis aangebied dat sommige pasiënte tydens bevallings medikasie soos Cytotec of Oxytocin toegedien is om kraam te versnel, sonder hul medewete.

In een geval het ’n baba wat op 3 April 2019 gebore was, ná nege dae gesterf weens komplikasies wat volgens die staat nie behoorlik behandel is nie.

Die polisie het die saak in 2020 ondersoek nadat klagtes ontvang is en Fouchée is in Junie 2024 in hegtenis geneem. Kundige mediese getuienis het die staat se saak versterk, wat tot haar skuldigbevinding op al die aanklagte gelei het. Die NVG sê die uitspraak bevestig dat mediese praktisyns nie bo die wet verhewe is nie en dat daar kriminele gevolge is wanneer pasiënte se veiligheid in gevaar gestel word.

Op 13 Junie 2025 het Alysia von Kloëg , Noah se mamma, die volgende boodskap oor verlange na haar baba op die Noah’s Story Facebook-blad gedeel: “Vandag mis Mamma jou net, Mamma wens dat ek nooit paaie gekruis het met hierdie m*nster nie, Mamma wens jy kon saam met jou sussie dans parties hou en piesangbrood bak op Saterdae. Ons lewe moes soveel anders gelyk het sonder hofsake en konstante trauma. ‘n Gedeelte van Mamma het vas geglo dat ná die hofsaak sal jy terug kom huis toe, maar dit was vir 5 jaar net my brein wat my verhoed het om die trauma te verwerk van hoe jy uit ons lewens geruk was. Vir 9 maande terwyl jy in my maag was het ek gedroom van jou seuntjie en hoe ek eendag saam jou sal modderkoekies bou en seuntjie goed doen…maar die werklikheid is dit sal nooit gebeur nie.

Mamma is so jammer dat ek jou nie kon red van haar kloue af nie. Ek het werklik geglo dat jy gesond was, want dit was vir ons gesê oor en oor… Noah my seuntjie my kleinste still baba jy het so hard baklei bo al die toetse en seer…so hard baklei sodat ons antwoorde kon kry… Ons huis is leeg sonder jou, ek sal nooit jou sweetie reuk vergeet nie, ek sal nooit vergeet hoe jy rustig was as ek en Pappa by die NICU ingestap het nie. Jou sagte handjies en jou min spierwit hare… ai boetie baba Mamma is so jammer. Jy het soveel mense se harte kom raak en soveel babas beskerm. Jou storie sal NOOIT vergeet word nie. Jou storie is soveel meer as wat die m*nster aan jou gedoen het.

Ons is so oneindig lief vir jou en Mamma sal altyd jou storie vertel en mense vertel van my seuntjie my Noah Joachim von Kloëg that beat all the odds to save others. Rus saggies kleine Noah baba. Jy is so geliefd, your battle is over but our battle for justice has just began. 

Carien Möller het die volgende plasing gemaak: “So Thankful and relieved for this Outcome! This won’t bring any babies back or correct the damage that has been done. Satan thought he could steal from us… but God has the final say! And the Victory is His! YOLANDE MARITZ YOU ARE FORGIVEN IF YOU WERE FOUND GUILTY OR NOT. You don’t deserve it, but I also don’t deserve the Lord’s Love and salvation. But He giveS it to us freely. What you definitely don’t deserve is a place in my heart to make it hard, or black of bitterness because I can’t forgive you. Because I’d like to live my life with a clean heart and a joyful spirit! I know having to go through this was part of my journey. Me and Sophia’s Purpose or part of it. And I’m thankful and proud to be vessels for God to use us. Yolande, God has already forgiven you your trespasses. Surrender, Acknowledge, Admit and Repent and ask to be His Child. So You could be free. And you will be saved to be in Heaven with Him one day. Thank you to each woman that fought with us! Thank you for your trust in me! Thank you to each woman that trusted me and walked away from that birthing centre. God is in control! And will always be! Praise to God!”

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief