Gesin ernstig op plaas beseer

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Gesin op ‘n plaas is Woensdag tydens ‘n huisroof op ‘n plaas in Musina-polisiëringsarea gemartel en beseer. Die polisie het intussen die vuurwapens en voertuig wat geroof is, teruggekry.

Brig. Hlulani Mashaba sê die gesin, ‘n pa, ma en drie minderjarige kinders, is na bewering deur ‘n groep gewapende verdagtes in hulle huis oorval. Vuurwapens uit ‘n kluis, sowel as elektroniese toerusting is gesteel voordat die verdagtes met die slagoffers se voertuig van die toneel gevlug het.

Die gesin is na hulle bure om hulp te kry. Die polisie is ontbied en die gesin vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem.

‘n Huisroofsaak is geopen, waarna die polisie met die ondersoek ses vuurwapens in ‘n HOP-huis – vyf gewere en ‘n pistool – teruggevind het. Die verdagtes was glo van voorneme om die huis te huur. Die slagoffers se voertuig is verlate naby ‘n stortingsterrein teruggevind.

Lt.genl. Thembi Hadebe het die sukses om die vuurwapens terug te kry, geprys en moedig die pogings aan om die verdagtes aan te keer. Sy het die slagoffers spoedige beterskap toegewens.

Enigiemand met relevante inligting kan kapt. Sitjie Moloko by 082 565 7889 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief