Gesin gered nadat seestroom hulle vasvang

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Gesin van George is Dinsdagmiddag gehelp nadat hulle by Sardiniabaai in ’n sterk seestroom vasgevang is.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Mark Dawson, NSRI-Gqeberha se stasiebevelvoerder, sê die diensspan, CWR (Coastal Water Rescue), die Gqeberha-waterreddingsnetwerk en Gardmed-ambulansdienste is omstreeks 15:15 na ‘n verdrinking in aanvang ontbied. Terwyl dié dienste onderweg was, is daar bevestig dit lyk asof drie persone rotse bereik het, maar nie self aan wal kon kom nie. Dit is later bevestig dat twee seuns, onderskeidelik 8 en 15 jaar oud, en hul pa van George, in vlak branders geswem het, waarna hulle in sterk strome beland en die see ingetrek is. Die voorval is deur twee plaaslike vroue gesien, een van hulle ’n voormalige lewensredder by Sardiniabaai.

Volgens Dawson kon die 8-jarige sonder hulp uit die water kom. Die pa en die 15-jarige was steeds in die stroom vasgevang toe die voormalige lewensredder die water in is om te help, terwyl haar vriendin hulp ontbied het. Sy kon die pa tot by die rotse begelei en het toe teruggekeer om die tienerseun ook te help. By aankoms op die toneel is ’n lewensredder van die NSRI en twee van CWR die branders in en het die pa en seun en die voormalige lewensredder by die rotse bereik. Die pa en seun is na veiligheid geneem.

Gardmed-paramedici het die sorg van die pa oorgeneem en per ambulans in ‘n ernstige toestand na ‘n hospitaal vervoer, waar hy in ’n stabiele toestand herstel. Die tiener is nie beseer nie.

“Die vinnige reaksie en die bystand van die twee weldoenerdames word geprys,” het Dawson gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief