Gesinslede ná ongeluk in voertuig vasgekeer

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gesin van vier, onder wie ‘n 15-jarige tiener, is Donderdagaand omstreeks 20:00 in ‘n enkelvoertuigongeluk op die N3 naby Leeurivier beseer. Drie van hulle was in die wrak vasgekeer.

Midlands EMS Howick se gevorderde lewensondersteuning-paramedici, reddingspersoneel en ’n ambulans is na die toneel ontbied. By aankoms is gevind dat die voertuig gerol het en drie van die gesinslede was vasgekeer. Spesiale toerusting is gebruik om die vasgekeerde persone uit die voertuig te bevry, terwyl paramedici mediese sorg verleen het. Hulle is ná stabilisering vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Owerhede was op die toneel en ondersoek tans die oorsaak van die ongeluk.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief