Geskende liggaam van visserman uit rivier gehaal

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Die geskende liggaam van Phuthi Oscar Serumula, ‘n visserman, is Vrydagoggend omstreeks 09:00 met vermiste ledemate uit die Mogalakwenarivier, met krokodille gehaal.

Kol. Malesela Ledwaba sê Maleboho-polisie is van ‘n verdrinking in dié rivier in die Arrie-woonbuurt ingelig. Met aankoms op die toneel is die lewelose liggaam in die rivier uitgewys. Voorlopige ondersoek het aangedui die man het visgevang en is moontlik deur krokodille aangeval. Die provinsiale soek-en-reddingspan het die liggaam uit die rivier gehaal. Die man is deur nooddienste dood verklaar.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Ledwaba waarsku inwoners plaas hulle lewens op die spel om riviere met krokodille oor te steek, daarin te swem of vis te vang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief