Geskiedkundige slaweklok van Groot Constantia gesteel

Lees ook :

Foto's: Groot Constantia Fb-blad en verskaf aan Daily Voice

WES-KAAP. – Die historiese slaweklok van die Groot Constantia-wynlandgoed, wat uit 1685 dateer, is gesteel.

Die waardevolle koperklok weeg 110 kg en is tussen 30 tot 35 cm. hoog en breed.

Groot Constantia, wat reeds meer as 330 jaar bestaan, is in 1685 deur Simon van der Stel in ontvangs geneem en speel steeds ‘n prominente rol in die wynbedryf.

Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits ‘n diefstalsaak word deur Dieprivier-polisie ondersoek nadat die klok vroeg Sondag gesteel is.

“Die omstandighede van die insident word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie.”

Die publiek word versoek om enige inligting oor die klok aan die polisie oor te dra.

Bronne: SAPD, The Daily Voice, Cape Town Etc.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief