Geskorste EMPD adjunk en munisipale bestuurder in hof

Lees ook :

Foto's: Thabiso Mrmayor Sithole

GAUTENG. – Julius Mkhwanazi, die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie en Kagiso Lerutla, Ekurhuleni se munisipale bestuurder, het vandag (Maandag) op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Kaizer Kganyago, NVG-woordvoerder, sê Mkhwanazi is op 18 April by sy huis in hegtenis geneem, terwyl Lerutla ’n dag later by die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek is toe hy van Kaapstad af teruggekeer het.

Volgens die staat hou die saak verband met ’n voorval in 2019 waar die twee glo saamgewerk het om ’n hofverskyning te ontduik. Lerutla moes destyds ná ’n spoedoortreding in die hof verskyn, maar ’n ander persoon is na bewering betaal om hom voor te doen as Lerutla en het namens hom in die hof verskyn. Die staat beweer die persoon het onder vals voorwendsels opgetree en dokumente met Lerutla se besonderhede voltooi.

Die staat het aangedui dat borgtog teengestaan sal word. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 23 April uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief