Geskorste sersant in hof – ‘vuurwapens gekry en geld onder matras’

Lees ook :

Foto: Suburban Control Centre

GAUTENG. – Sers. Fannie Ezekiel Nkosi (42) het Dinsdag op verskeie aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en ammunisie in die Pretoria Noord-landdroshof verskyn. Meer as R50 000 is ook tydens deursoeking in sy huis onder ‘n matras ontdek.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê Nkosi, wat tans geskors is en voorheen aan die polisie se teen-bende-eenheid verbonde was, word deur ’n reeks aanklagte in die gesig gestaar. Dit sluit in die onwettige besit van plofstof, verskeie aanklagte van versuim om vuurwapens en ammunisie veilig te bewaar, regsverydeling en die versuim om ’n kluis volgens voorgeskrewe standaarde te installeer, asook diefstal.

Mahanjana sê die ondersoek het begin nadat ’n taakspan, wat uit die Madlanga-kommissie van ondersoek spruit, inligting ontvang het oor vermoedelik onwettige ammunisie by Nkosi se woning in Pretoria-Noord. Op 2 April is ’n deursoekingslasbrief uitgevoer, waartydens die polisie op verskeie items afgekom het, insluitend vuurwapens, ammunisie, ’n skokgranaat, polisie-saakdossiere en ander staatsuitgereikte toerusting wat op verskillende plekke op die perseel gevind is.

Nkosi kon glo nie ’n bevredigende verduideliking gee oor waar die geld vandaan kom wat onder die matras gevind is nie, waarna hy in hegtenis geneem en in aanhouding geplaas is. Die hof het die saak vir verdere borgtogondersoeke uitgestel. Die staat het aangedui dat hy beplan om borgtog teen te staan. Nkosi sal weer op 13 April in die hof voorkom.

Volgens brig. Athlenda Mathe aan eNCAnews was Nkosi in besit van ‘n ballistiese verslag van ‘n transitorooftog in Limpopo. Hy was ook as gevolg van skorsing nie veronderstel om in besit van saakdossiere te wees nie; dit moes ingehandig gewees het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief