VRYSTAAT. – ‘n Multidissiplinêre operasie is Dinsdag by Bizza Makhata- korrektiewe sentrum uitgevoer. Dit het die konfiskering van selfone en ander items meegebring.
Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie, teen-bende-eenheid en korrektiewe dienste se nooddiens-ondersteuningspanne van Groenpunt, Grootvlei en Kroonstad was by die operasie betrokke.
‘n Soektoeg is in die areas waar verhoorafwagtende gevangenes was, gedoen om sodoende gesmokkelde items te konfiskeer.
Beslag is gelê op skêre, selfone, simkaarte, dwelms, geld, skerp items en bankkaarte.





