NOORD-KAAP. – ’n Man (41) van die VSA is Sondag op Kanoneiland deur die polisie, in samewerking met Interpol, in hegtenis geneem.
Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die man is vir verskeie sake, waaronder ontvoering, gesoek. Inligting is ontvang dat hy hom in die omgewing bevind. ’n Gesamentlike span bestaande uit die Kanoneiland-polisie, Upington-grenspolisie, Upington-hoofwegpatrollie en Interpol-amptenare het die verdagte op ’n plaas in die gebied in hegtenis geneem.
Die man is tans in aanhouding en sal binnekort aan die VSA uitgelewer word.





