Gesoekte verdagte in hegtenis, haelgeweer gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – In afsonderlike voorvalle is ‘n gesoekte verdagte (24) deur die Welkomse teen-bende-eenheid in hegtenis geneem en het die eenheid ook ‘n versteekte 12-boor haelgeweer in ‘n oop veld gevind.

Sers. Mahlomola Kareli sê die polisielede het Woensdagoggend inligting van die gesoekte verdagte van ‘n besigheidsinbraak in Kutlwanong op Odendaalsrus ontvang. Die besigheidsinbaak is in Februarie by ‘n plaaslike taverne gepleeg. Die verdagte is in hegtenis geneem toe hy glo probeer weghardloop het. Hy sal binnekort in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

In die tweede voorval het die eenheid Dinsdag inligting oor ‘n ongelisensieerde vuurwapen opgevolg. Die haelgeweer wat gevind is, sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit moontlik aan enige misdade gekoppel kan word. ‘n Navraagdossier is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief